Die Landskap Spesialis

Afrikaans

Professionele Landskapontwerp

Die Landskap Spesialis doen presies wat dit sê - ons spesialiseer in landskapering. En alles wat daarmee saam gaan. Ons bied professionele advies, landskapsargitektuur en tuinuitleg en -ontwerp teen 'n bekostigbare prys. Ons bied ook 'n wye verskeidenheid van potte, fonteine ("water features"), standbeelde en kunswerke vir jou buitelug areas.

Garden makeover and setupOns bring al die plante, bome (groot of klein), gras, potte, nodige grond en bemesting saam met 'n betroubare span ervare werkers om jou tuin binne 'n oogwink te doen.

Irrigation systems etc Ons kan ook enige besproeiingstelsel implementeer (handbeheerbaar of outomaties / gerekenariseer) en ons lĂȘ plaveisel en beddingrante ("edging") om jou grasperk en beddings altyd netjies te hou.

Garden LightingDan kan die Landskap Spesialis ook goeie raad gee as dit kom by tuinbeligting. En kan natuurlik die krag aanlê en die ligte installeer ook.

Other serives Ander dienste sluit in: groot boom slopings, algemene snoeiwerk en om rose te snoei, palmbome skoonmaak, bemesting, grasperkbemesting ("lawn dressing"), plaag- en onkruidbeheer, algemene tuinonderhoud en -dienste en nog baie meer.

Areas that we serve Areas waar ons werk sluit in*: Gauteng: Pretoria, Lynnwood, Menlopark, Waterkloof, Brooklyn, Garsfontein, Murray Field, Faerie Glen, Equestria, Silver Lakes, Montana, Centurion, Midrand, Johannesburg en selfs areas in Mpumalanga.
*maar nie beperk tot hierdie areas nie, skakel ons gerus vir meer inligting.

Afgesien van residensiële tuine, doen ons ook winkelsentrums se tuinontwerp en onderhoud, asook kommersiële- en industriële tuine. Skakel ons vandag vir vriendelike en eerlike raad en hulp met al jou tuin behoeftes.

Ons lewer die volgende dienste:
  • Landskapering
  • Tuinontwerp & uitleg
  • Water fonteine
  • Besproeiing (installasie en regmaak
  • Bemesting
  • Grasperke
  • Boomslopings
  • Tuindienste / onderhoud (daagliks, weekliks, twee-weekliks, ens)
  • Kwekery
  • Potte, standbeelde, kunswerke, ens
  • Groot bome
  • en nog baie meer...
Kontak my gerus vir 'n kwotasie:

Barend Terblanche:
083 375 6834
bpterblanche@gmail.com